top of page
Home: Blog2

Subscribe

Home: Subscribe
Open Hands

Contact

Home: Contact
Writer's pictureLouwrens Scheepers

Die virus, redding en die hemel...


God het nie opgegee op die mens nie.

Nooit nie.

Dit is nie hoe God is nie.

Inteendeel.

God het deel geword van die gemors wat die mens aangevang het en die mens ‘n tweede kans kom gee.

‘n Nuwe begin.

Ja, God het mens geword.

Nege maande in utero.

En dan die geboorte.

‘n Absolute misterie.

Volledig mens.

Is dit nie dalk waaroor verlossing gaan nie?!

Om mens te wees – oor menswees soos God bedoel het om dit te wees.

En daarom, na die opstanding, op die eerste dag van ‘n nuwe begin – wat doen die opgestane Christus?

Hy blaas oor sy dissipels.

Die asem van God.

‘n Nuwe begin.

Vir ‘n nuwe mens.

Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle… Gaan vertel mense hulle sondes is vergewe!

Onthou jy die woorde van die ou Hebreeuse profete?

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:

Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, (to do justice)

dat jy liefde en trou sal bewys, (to love mercy)

dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (to walk humbly) (Miga 8:6)

Ja, verlossing gaan oor menswees

Vir hier.

Vir nou.

Miskien is dit waaraan die Korona virus ons weer herinner.

Want ons vergeet.

Vir baie gaan verlossing oor ‘n hemel eendag.

Maar dink weer.

As jy sê: “Maar ek is nie van hierdie wereld nie..”

Wat bedoel jy?

Verlossing is nie God se ontsnappingsplan vir ons uit hierdie wêreld nie.

Nee.

Verlossing is vir hier en nou.

Menswees hier en nou!

Medemens wees, hier en nou!

Doen wat reg is, hier en nou!

Maar ons vergeet.

En terwyl ons droom oor ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wat eendag sal kom,

Vertrap ons mekaar…hier en nou…

Sorg elkeen net vir hom haarself..

Beskuldig ons mekaar…

Jaag ons mekaar in kampe van “ons” en “hulle…”

Vergryp ons onsself aan moeder aarde…

En terwyl ons sien hoe dinge om ons uitmekaar val, troos ons onsself… “ek gaan darem eendag hemel toe…”

Miskien is dit waaraan die koronavirus ons weer kom herinner.

Oor hier en nou.

Skielik word miljoene gegee vir armes en werkloses (wat voor die virus ook daar was).

En skielik is mense bewus van en bekommerd oor gemeenskappe wat swaarkry en word hande en harte en beursies oopgemaak en kospakkies aangery (na gemeenskappe wat voor die virus ook swaargekry het).

Skielik word waterpunte verskaf aan mense sonder water… wat voor die virus ook water nodig gehad het.

Kan dit wees dat die Koronavirus ons tot stilstand geruk het?

En ons help om weer te sien? En te onthou?

Jesus is in die wereld gebore.

Jesus het in die wereld opgestaan.

Jesus stuur ons uit in die wereld

Hier en nou.

Die Koronavirus daag ons uit…

Kom ons breek weg van ‘n verlossing wat gaan oor eendag.

Kom ons volg die voorbeeld van Jesus wat onder ons kom woon het.

Tussen gebrokenes.

Veroordeeldes.

Uitgestotenes.

Kom ons volg Hom.

Hier en nou.

Deur te doen wat reg is.

Deur te vergewe.

Deur te herstel.

Deur lief te he.

Deur om te gee.

Deur verlossing hier en nou te leef.

Ook as die Koronavirus nie meer daar is nie.

God help ons.

166 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page