John 20
Op die Sabbatdag, die sewende dag, bêre hulle Jesus se liggaam agter ‘n rots in ‘n tuin.
Soos ‘n koringkorrel in die grond.
En dan is dit Sondagmore.
Dit is nog donker.
Maar Maria is reeds in die tuin. Tot haar skok ontdek sy, die graf is leeg!
Sy hardloop om Petrus en Johannes te gaan haal. Hulle moet ook sien!
En as hulle by die graf kom, sien hulle Maria is reg.
Die graf is leeg. Jesus is weg.
Petrus en Johannes draai om en stap weg.
Geskok. Teleurgesteld.
Maria bly by die graf.
Sy huil. Platgeslaan.
Dit was die Sondagmore.
En dit was nog donker.
In ‘n tuin.
Soos waar alles begin het.
God se skepping.
In ‘n tuin.
Is dit waar dit nou alles eindig?
Dan sien Maria deur haar trane ‘n man.
Hy is seker die tuinier.
‘n Tuinier?
Of dalk Jesus?
In hierdie Tuin.
Op hierdie Sondagmore!
Nie die 1ste maar die 8ste dag het kerkvaders gesê.
Want dit is die opstandingsdag.
Dit is ‘n nuwe begin.
Die eerste Adam het as tuinier in sy taak gefaal, en die wereld het ‘n slagveld van oorlog en geweld en sonde geword.
En nou is ons weer in ‘n tuin.
Op die agtste dag.
Die begin van iets nuut.
Die tweede Adam, die opgestane Jesus, die Tuinier, sal die verwoeste tuin herstel!
Die verhaal begin weer in die donker.
Met mense sonder hoop. Met mense wat omdraai en wegstap.
Die verhaal begin weer in ‘n tuin.
Met ‘n Tuinier.
Dit is die agste dag
Opstandingsdag.
‘n Nuwe begin.
Vir ‘n verwoeste tuin hier en nou.
En dan die uitnodiging – die tuinier begin tuinmaak – waar is jy?
Hy nooi jou uit…
留言