top of page
Home: Blog2

Subscribe

Home: Subscribe
Open Hands

Contact

Home: Contact
Writer's pictureLouwrens Scheepers

Ons hou van klippe gooi


Oral word die klippe gooi.

Van alle kante af.


Maak nie saak waaroor gepraat word nie. Die Corna virus, Donald Trump, wit bevoorregting, homoseksualiteit, SAL, Eskom … die eindresultaat is altyd dieselfde.


Daar word vinger gewys, beskuldigings word rond gegooi.

Iemand moet die sondebok wees.


Het jy gehoor van die storie van ‘n oproerige godsdienstige skare wat gereed was om ‘n vrou wat op heterdaad betrap is

met owerspel, met klippe dood te gooi?

Die skare het geweet hulle was reg.

Hulle het die godsdienstige wette aan hulle kant gehad.

Hulle het die regte Bybelversies gehad.

Hulle geregverdigde godsdienstige woede was gereed om op geweld uit te loop – die klippe kan maar op die sondige veroordeelde vrou gegooi word…


Maar dan stop die Joodse rabbi, Jesus, die skare.

Wat gaan hy doen?

Hy het reeds ‘n groep volgelinge gehad wat saam met hom geloop het.

Hy sou verseker self ‘n groep kon bymekaar maak wat die godsdienstige skare met klippe kan gooi…

Want hoe kan hulle so veroordelend wees teenoor die vrou? Hulle moet verseker op hulle plek gesit word!

Maar Rabbi Jesus gooi nie klippe nie.

Hy kom en red die opstandige, veroordelende skare en die sondige vrou deur ‘n daad van self refleksie en vergifnis.

… en hy het regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi…”


Jesus haal die angel uit die opstandige skare.

Hulle was gereed om hulle oordeel in moordadige geweld te laat oorgaan, maar verlaat uiteindelik die toneel as individue wat nadink oor hulle eie lewens.

Hierdie is nie ‘n oproep vir passiwiteit nie.


Nee!


Hierdie is oproep vir profetiese konfrontasie wat kom vanuit ‘n plek van liefde vir almal –

nie net vir die sondige vrou nie,

maar ook vir die geweldadige skare…


Mag ons die voorbeeld van hierdie Joodse Rabbi volg…

109 views0 comments

Recent Posts

See All

Commentaires


bottom of page